HESSEQUA NUUS - George Hengelklub se jaarlikse deurnagderby, wat in samewerking met Xtreme Fishing aangebied word, vind die komende naweek van die 17 Februarie plaas.
Daar is twee afdelings waarin meegeding word: rots- en strandhengel, en riviere en mere.
Daar is pryse vir juniors (onder 16), vroue en seniors.
Met die kompetisie wil George Hengelklub graag die boodskap aan die hengelgemeenskap oordra om vis vry te laat om sodoende die seebronne te beskerm.
Die gebied waar hengelaars kan visvang, strek vanaf Natures Valley tot Witsand. Prysgeld van R80 000,00 is op die spel.
Kaartjies is by die volgende winkels beskikbaar: Xtreme Fishing, Outfitters ( George), Xtreme Outdoors , JJ Marine, Stil Fishing ( Mosselbaai), Hookers ( Sedgefield), Breezers ( Knysna) of aanlyn by deurnagderby@gmail.com.
Vir enige navrae skakel 044 874 1870.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’