STILBAAI NUUSFLITS - Die Stilbaai Galjoenderby word vanjaar vir die 27ste agtereenvolgende jaar deur Stilbaai se rots- en kushengelklub op Saterdag 11 Augustus aangebied.
Dit is vanjaar ook die grootste derby in die geskiedenis van dié kompetisie met ‘n totaal van 456 hengelaars wat in 76 spanne wat van regoor die land reis om deel te neem.
Dit is ook die rots- en kushengelkompetisie met die grootste prysgeld en ‘n totaal van R160 000 is op die spel.
Drie Stilbaai-hengelaars naamlik Coenie Jones, Dougie Kramer en André Manning het nog nie ‘n galjoenderby gemis nie en neem vanjaar aan hul 27ste byeenkoms deel.
Laerskool Bertie Barnard het verlede jaar vir die eerste keer ‘n spannetjie ingeskryf en vanjaar is daar twee spanne.
Meer inligting is beskikbaar by www.stilbaaigaljoenderby.co.za.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'