TENNISNUUS - Die spanne van Helgard Muller en Christine van Coller is die A-afdeling wenners van vanjaar se Fritz Meissner 190-spankompetisie van die Eden Senior Tennisvereniging met die spanne van André Claassen en Lida Godgin wat in die B-afdeling koning gekraai het.
Die span van Des Sampson het die 240-kompetisie vir mans gewen, terwyl die trofee vir die span met die beste spangees aan die 240-span van Anton le Roux toegeken is.
Die eindstryde is op die bane van die George en Great-tennisklubs beslis.
Die voorsitter van die Eden Senior Tennisvereniging, Debra Hyde het die wenners gelukgewens met hul oorwinnings.
Sy het ook al die spelers wat vanjaar aan die gewilde toernooi deelgeneem het, bedank vir hulle opofferings en goeie spangees.
Anton le Roux (tweede van links) se 240-span met die trofee vir die beste sportmangees saam met Debra Hyde.
Die span van Lida Godgin (tweede van links) saam met die voorsitter van die Eden Senior Tennisvereniging, Debra Hyde (middel).
Freddy Lötter (tweede van links) het as kaptein deelgeneem vir Helgard Muller wat intussen verhuis het. Hulle is die wenners van die mans A-afdeling.
Danie Gildenhuys (regs) met die trofee wat die span van Des Sampson gewen het. Hulle het die 240-spankompetisie gewen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'