Die Oakdale-span het hul goed van hul taak gekwyt en die eerste wedstryd teen Hoër Landbouskool Marlow met 31-5 gewen. In die tweede wedstryd het hulle met 34-2 afgereken met die span van Hoërskool Nelspruit.
Dit was veral die derde wedstryd teen Paarl Boishaai wat die Oakdalers se karakter getoets het. Ook hier het die Oakdalers skitterend gespeel en die wedstryd met 20-10 gewen.
In die finaal het Oakdale te staan gekom teen die wenners van die B-afdeling en hulle reken met Hoër Landbouskool Boland met 20-13 af.
Die Bulle-span sluit 'n klompie jong spelers in wat reeds hul merk gedurende die toernooi gemaak het.
Die span, onder die bekwame afrigting van Wimpie Helmand en Coco Theron, is Kurt Eybers, William Eybers (kaptein), Stef van Heerden, NJ Simon, Derick Jooste, Dayan Simon, Jewlin Jonkers en Julian Taute.

Agter van links is Jewlin Jonkers, NJ Simon, Kurt Eybers en Julian Taute. Middel: Stef van Heerden, Dayan Simon en Derick Jooste. Voor: Coco Theron (afrigter), William Eybers en Wimpie Helmand (afrigter).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'