HEIDELBERG RUGBY NUUS - Die plaaslike rugbyklub se vlagskip moes Saterdag 29 Junie alles uithaal om die bordjies teen Barbarians te verhang na hul eerste ronde neerlaag teen dié gedugte span.
Baabaas, wat die eerste wedstryd van die seisoen met 20-13 op hul tuisveld gewen het, was in die doodsnikke van dié SWDRU Premierligawedstryd tot oorgawe gedwing en het Heibi dié tuiswedstryd naelskraap met 30-26 gewen.
Hulle het ook ’n bonuspunt met hul vier drieë ingeoes.
Die wedstryd is deur nagenoeg 3 000 toeskouers, waaronder Cameron Dugmore, ANC opposisie-leier in die Wes-Kaapse wetgewer, asook Lisby Pieterse en James Gelderbloem, Hessequa raadslede, bygewoon.
Voor die afskop van die hoofwedstryd het Dawid Hartnick, legende van die destydse Young Stars-rugbyklub sy klubbaadjie en das aan sy broerskind, Lindon Hartnick en Heibi-kaptein oorhandig.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'