RUGBYNUUS - Die tweede Desmond Coetzee 7's-feestoernooi het Saterdag 7 Oktober talle toeskouers en spelers gelok.
Die vyf spanne, Black Super Saiyans, White Magicians, Green Mambas, Blue Whales en Red Fire Steppers, wat almal uit plaaslike spelers bestaan, het die skare behoorlik laat juig met hul vernuftige spel.
Soos verlede jaar is stoele, tafels en braaiers uitgepak en voertuie rondom die rugbyveld geparkeer. Die paviljoen was ook gepak en het oud en jonk nie die kans laat verbygaan om hulle gunsteling span met 'n gejuig en blaas van toeters te ondersteun nie.
Wie was Desmond Coetzee?
Desmon Coetzee het as uitvoerende lid van die OP-rugbyunie gedien, was voorsitter van die Karoo Rugby-subunie, uitvoerende lid en hoofafrigter van die Aberdeen-rugbyklub en het hy ook vir Saloma Booysen afgerig.
Sy is een van die eerste vrouerugbyspelers wat as Springbok in die Wêreldbekertoernooi in 2005 in Kanada deelgeneem het.
Coetzee is nie net bekend vir sy toewyding aan rugby nie, hy was ook burgemeester van Aberdeen en het gedien as voorsitter van die Camdeboo-substruktuur van die ANC.
Foto: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’