HEIDELBERG NUUS - Klubrugby in die SWD word Saterdag, 6 Augustus hervat ná 'n naweek van rus vir die meerderheid spanne in al die afdelings.
Die Superliga A-bepalings vir week 17 lyk al meer interessant met die plaaslike klub, Heidelberg, alombekend as Heibi, in die tweede plek op die puntelys ná die onoorwonne Crusaders van George, die verdedigende kampioene.
Die kompetisie in die Superliga B-liga behoort ook groot wedywering veral onder die drie Hessequa-spanne te lok.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'