HEIDELBERG NUUS - Dit wil voorkom of die maandelange bespiegelinge waar is dat die dorp se spogrugbyklub, alombekend as Heibi, sy vermaarde hoofafrigter, Johan Erasmus, se dienste kwyt is.
Erasmus gaan sy fokus aanstaande jaar verskuif na Melkhoutfontein waar hy as hoofkonsultant by Seagulls aangestel is.
Seagulls gaan, soos Heibi, aan die SWD-rugbyunie se Superliga A deelneem.
Die bekendmaking van dié skoknuus is tydens 'n vlugtige byeenkoms van Seagulls se bestuur, afrigtingskorps en spelers deur Marlin Jansen, Seagulls-voorsitter gemaak.
Jansen sê Erasmus sal as konsultant dienste lewer met Duane Deutchen wat steeds as hoofafrigter sal waarneem.
Heibi se voorsitter was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’