HEIDELBERG NUUS - Silver Stars-rugbyklub het Saterdag 11 Julie in George soet wraak geneem vir hul eersteronde nederlaag teen Heibi deur die SWDRVU Superliga Top-8-wedstryd met 38 - 21 te wen.
Die tuisspan het vroeg die voortou geneem en het rustyd met 14 - 7 voorgeloop.
Silver Stars het ses keer agter die pale gaan kuier, terwyl Heibi drie drieë kon aanteken.
Hoewel Heibi met 'n verswakte span opgedaag het weens verskeie uitdagings, het hulle groot karakter getoon en die tuisspan laat sweet vir hulle sege.
Dit was ook nie 'n goeie dag vir Heibi se laer spanne nie. Die B-span het met 28 -22 vasgeval, terwyl die C-span met 15 - 7 teen Silver Stars die onderspit gedelf het.
Die Top-8-kompetisie duur Saterdag 18 Julie voort wanneer Heibi tuis teen Bridgton van Oudtshoorn te staan kom. Silver Stars speel terselfdertyd op hul tuisveld teen die verdedigende kampioen, Evergreens, in wat nog 'n taai kragmeting beloof te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’