MELKHOUTFONTEIN NUUS - Seagulls-rugbyklub van Melkhoutfontein se A-span het Saterdag 4 Junie hul SWD Superliga B-liga tuiswedstryd teen Knysna United met 20-12 gewen.
Dit volg na die span drie wedstryde agtereenvolgens in dié liga verloor het.
Seagulls het rustyd met 17-7 voorgeloop.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se B-span met 24-0 gewen na hulle rustyd met 5-0 voorgeloop het om dan ook ‘n bonuspunt te verseker met vier drieë.
Seagulls speel Saterdag 11 Junie weg teen Prins Albert.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'