Gallery Video
MELKHOUTFONTEIN RUGBY NUUS EN VIDEO - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein se tweede vriendskaplike wedstryd van die jaar het Saterdag 2 Maart onder luide aanmoediging van die waarderende toeskouers op hul tuisveld plaasgevind.
Hulle opponente was die Garden Route rugbyklub van Mosselbaai.
Die A-span moes ongelukkig die knie buig met 5–12 , terwyl Seagulls se B-span met 19 – 5 met hulle opponente afgereken het.
Die Presidentsligawedstryde begin op 6 April.
Seagulls se volgende wedstryd is die vriendskaplike tuiskragmeting teen Heidelberg op 9 Maart.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutse Melkhoutfontein, Hessequa nuus'