STILBAAI NUUS - Die manne van Melkhoutfontein het harde bene gekou in Sedgefield in hulle tweede ligawedstryd van die seisoen.
Die A-span was teen rustyd alreeds 26-15 agter, maar die lemoene het hulle werk gedoen en hulle terugveg poging in die tweede helfte het vrugte afgewerp.
Seagulls het 17 punte aangeteken om uiteindelik die wedstryd net-net te wen met die eindtelling 32-31.
Die puntemakers was Exzaviour Francis, Jerome Esau, Nathan Buis, Ritchie Baker en Ralph Visagie met een drie elk. Delano Jacobs het geslaag met 'n doelskop en strafskop en Wilhelm Solamans met 'n doelskop.
Die B-span het ongelukkig die knie gebuig en met 26-15 verloor as gevolg van 'n paar foute wat hulle verseker op die oefenveld gaan regstel.
Die jong C-span het hulle harte uitgespeel en Sedgefield kous oor die kop huistoe gestuur met 'n wentelling van 7-3.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’