STILBAAI NUUS - Ná meer as 'n maand weg van hul tuisveld keer Seagulls Saterdag 13 Junie terug na die Graveyard in Melkhoutfontein waar hulle vir Knysna United in 'n belangrike ligawedstryd ontvang.
Die span se laaste tuisverskyning was op 2 Mei toe hulle Eagle Stars met 38 - 29 geklop het. Sedertdien moes Seagulls al hul wedstryde op die pad aanpak, met besoeke aan George en Uniondale.
Nog twee wedstryde is intussen uit- en afgestel. Die ontmoeting teen Prins Albert kon nie plaasvind nie nadat Meiringspoort en die Swartbergpas gesluit is. Die twee spanne deel dus die punte.
Die wedstryd teen Oudtshoorn is weens die onlangse storms uitgestel na 27 Junie.
Die lang wagtyd tussen tuiswedstryde het Seagulls se ondersteuners gretig gemaak om hul span weer in aksie te sien. Met die tuisskare agter hulle sal die Melkhoutfonteiners daarop uit wees om die momentum van hul laaste tuisoorwinning voort te sit.
Knysna United kan dus 'n taai middag verwag wanneer hulle op die Graveyard uitdraf. Seagulls sal vasbeslote wees om hul ondersteuners met nog 'n sterk vertoning te beloon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’