STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein speel vanjaar in die Superliga B-afdeling van SWD Rugby Unie en dit plaas 'n geweldige finansiële las op die klub, veral wat reiskostes aanbetref.
Om daardie rede is elke bietjie hulp van groot waarde.
Francois Malowitz van DF Konstruksie is 'n fanatiese Seagulls ondersteuner en staan hulle al vir die afgelope vyf jaar by en help waar hy kan.
Hierdie jaar is geen uitsondering nie en hy het twee stelle opwarmingshemde geborg vir die A- en B-span.
Toe Marlin Jansen, voorsitter van die klub, vir hom sê dat die kwotasie bietjie hoog is het Francois sonder huiwering gesê dat hulle moet aangaan en die hemde bestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’