MELKHOUTFONTEIN NUUS - Seagulls het Saterdag soete wraak geneem vir hul nederlaag in die eerste ronde teen Happy Hearts met 'n oorwinning van 22 - 13 in hul Superliga B-rugbywegwedstryd.
Die rustydtelling was10 - 10 elk.
Die wedstryd het deurgaans goeie rugby opgelewer, maar 'n groot aantal omstrede beslissings het sake vir Seagulls bemoeilik.
Hoewel beide spanne genoeg kanse gehad om meer punte aan te teken, het onnodige foute op kritieke oomblikke die telling ietwat laat stol.
Die besoekers uit Stilbaai kon darem vier drieë druk teenoor die tuisspan se een vir 'n welkome bonuspunt.
Seagulls bevind hul tans in die vierde plek op die punteleer met twee wedstryde oor. Hulle sal dus alles moet uithaal om ten minste nog een bonuspunt te kry om te verhoed dat die spanne in die vyfde en sesde plekke hulle verbysteek.
Vir Seagulls het Gertuan Kleinhans (regtervleuel), Jonathan Lombaard (linkervleuel), Willem Hendricks (skrumskakel) en Ruben Daries (flank) elk 'n drie gedruk. Wilhelm Sollmons (heelagter) kon net met een doelskop slaag.
Vir die Happy Hearts het Anthony Vaaltyn (agtsteman) hul enigste drie gedruk met Nigel Prins wat met twee strafskoppe en een doelskop geslaag het.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se B-span met 10 - 3 gewen nadat hulle rustyd met 5 - 0 gedraai het.
Waden Lakay (agsteman) en Edmund Nomdo (haker) het Seagulls se punte met een drie elk aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'