STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein het in 'n grootmoedige stap hulle tuisveld voordeel opgegee om rugby na Stilbaai se dorpsveld te bring.
Voor die A-spanne se wedstryd het hulle 'n roerende oomblik van stilte gehad vir al die slagoffers van die groot tragedie in George.
Die harde manne van Friemersheim het aanvanklik goeie rekenskap van hulleself gegee, maar in die tweede helfte het Seagulls die krane behoorlik oopgedraai en van die veld gestap met 'n 43 - 12 oorwinning.
Seagulls se B-span het gewen met 'n telling van 40 - 17.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’