STILBAAI NUUS - Seagulls verloor net-net met 28 - 27 teen die soldate.
Harlequins van Oudtshoorn het Saterdag 3 Augustus met 'n giftige agterlyn vir Seagulls op die agtervoet gehou om hulle in hierdie belangrike tuiswedstryd te klop.
Seagulls het Saterdag 'n loslooitjie en het dus twee weke om voor te berei vir Jaguars wat op 17 Augustus Melkhoutfontein toe kom waarna hulle tweekeer George toe reis vir hulle volgende wedstryde.
Daar sal verseker geskaaf word aan hulle lynstane en verdediging wat hulle beslis in die steek gelaat het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’