STILBAAI NUUS - Seagulls gaan Saterdag met net een doel voor oë Albertinia toe, om te wen.
Op hierdie stadium van die seisoen is dit belangrik om tussen die topvier spanne te bly, want 'n plek in die topagt wink en een glips kan dit buite jou bereik bring.
Na week vier lê Seagulls nog in die derde plek met 15 punte na 4 wedstryde. Albertinia Rangers het 10 punte, maar hulle het nog net drie wedstryde gespeel.
Die uitslag van Saterdag se wedstryd is dus vir beide spanne van kardinale belang en dit beloof om 'n superstryd af te gee.
Ondersteuners word aangemoedig om op te ruk Albertinia toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’