HESSEQUA NUUS - Ná 'n welkome breek het die rugbyklubs in die SWD mekaar weer Saterdag, 18 April, die stryd aangesê.
In Hessequa was daar gemengde welslae, met die twee Superliga-spanne, Heidelberg en Riversdal Blues, wat albei die knie moes buig.
Evergreens het Heidelberg in Pacaltsdorp naelskraap met 26 - 21 geklop.
In Riversdal het Bridgton Rugbyklub, van Oudtshoorn, as oorwinnaars uit die stryd getree en Blues met 48 - 42 verslaan.
In die Eersteliga het Seagulls en Riversdal mekaar in Melkhoutfontein gepak, waar Seagulls as wenners uit die stryd getree het met 'n eindtelling van 37 - 29.
Albertinia Rangers het gasheer gespeel vir Prince Albert en hul opponente oortuigend met 49 - 19 geklop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’