STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub is Saterdag 4 Mei vol verwagtinge Uniondale toe, maar ongelukkig het alles nie volgens plan verloop nie.
Die A-span was rustyd nog 16 - 12 voor, maar in die tweede helfte het die tuisspan die bordjies verhang en die eindtelling was 30 - 19 in die guns van Uniondale.
Die B-span moes ook die knie buig en het met 14 - 3 verloor nadat die rustyd telling slegs 11 - 3 was.
Die C-span het 'n hond uit 'n bos gespeel en het Uniondale met 5 - 0 geklop.
Saterdag 11 Mei speel Seagulls teen Thistles op die dorpsveld in Stilbaai.
Kom help hulle om weer op die wenpad kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’