HEIDELBERG NUUS - Daar is darem nog barmhartige Samaritane, veral in die sportwêreld, wat bereid is om hul hande in hul sakke te steek om 'n verskil ten goede te maak.
Twee oudrugbyspelers en -administrateurs, Thys Rall en Willie van Rensburg, van ’n bekende eiendomsbesigheid in Heidelberg, het onlangs 20 rugsakke vir die Hessequa-skeidsregtersvereniging geskenk.
Hier oorhandig Van Rensburg 'n rugsak aan David Amsterdam, 'n senior skeidsregter in Hessequa.
Amsterdam het ook tydens die pas afgelope Wêreldbeker-sewesrugbytoernooi in Kaapstad as skakelbeampte vir die uiteindelike wenners, Fiji, opgetree.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'