RIVERSDAL RUGBY NUUS - Rugbyspelers wat tussen 1970 en 2000 vir Riversdal-rugbyklub gespeel het, het Saterdag 2 November reünie gehou.
Sowat 192 mense, wat oudrugbyspelers en hul metgeselle insluit, het van heinde en verre gekom om die spesiale geleentheid by Die Dam-restaurant buite Riversdal by te woon.
Dit is vanjaar ook die klub se 125ste bestaansjaar. Die klub is saam met Oudtshoorn, Mosselbaai en George een van die oorspronklike vier klubs wat steeds bestaan en wat deel vorm van SWD.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'