STILBAAI NUUS - Die SA Rugby Legendes het verlede naweek vir groot opgewondenheid by Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai gesorg toe hulle 'n afrigtingskliniek daar aangebied het. Verskeie ouers en grootouers het die kliniek saam met die jong rugbyspelers bygewoon.
Die Legends het daarna 'n klubrugbywedstryd tussen Seagulls van Stilbaai en All Blacks van Oudtshoorn bygewoon.
Die Legendes bestaan uit oud-internasionale en provinsiale rugbyspelers wat hulle talent gebruik om terug te ploeg in rugby.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'