RIVERSDAL NUUS - Die eerste van ses rondes van die interklubliga is Saterdag 16 Julie op die plaaslike rolbalklub se bane afgehandel.
Die ses dorpe wat teen mekaar meegeding het, was Barrydale, Heidelberg, Ladismith, Riversdal, Stilbaai en Witsand, elkeen met 'n dubbels- en tripsspan.
Die spanne was baie mededingend en mens kon die spanning 'n myl ver in elke ronde aanvoel.
Ná afloop van ronde een lyk die punteleer as volg:
- Ladismith;
- Witsand; en
- Barrydale.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'