SLANGRIVIER NUUS - Riversdal Dorp-rugbyklub het Saterdag 5 Mei in hul wegwedstryd in die SWDRU Presidentsliga, Langebergstreek vir Arrows van Slangrivier naelskraap met 24-22 gewen.
Dorp loop rustyd met 12-0 voor. Die wedstryd het teen 'n vinnige tempo afgeskop, maar beide spanne het onnodige foute gemaak wat bygedra het dat die spel by tye baie slordig was.
Die tuisspan se toeskouers kan baie teleurgesteld wees met hul span, wat hanteerfoute op kritieke tye gemaak het. Albei spanne se verdediging was baie goed en het nie hul opponente veel ruimte gegun nie.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'