Update
ALBERTINIA NUUS - Die Rangers het Saterdag 14 Julie in 'n SWD Presidentsligawedstryd tuis teen Van Wyksdorp se Black Birds in die eerste helfte vyf pragdrieë gedruk en die wedstryd reeds met 'n bonuspunt gewen.
Die tuisspan se voor- en agterspelers het as 'n eenheid gespeel en die wedstryd met 59-33 gewen.
Rangers het nege drieë teenoor vyf deur Black Birds gedruk.
"Beide spanne se ondersteuners het die koue weer trotseer en het waarde vir hul geld gekry om die aanskoulike hardlooprugby te ervaar," het Fred Carelse, Rangers-voorsitter gesê.
Puntemakers A-spanne
Rangers: Drieë - Abraham September, linkervleuel (2), Jonathan Matiso, heelagter (1), Bronwyn Valtyn, buitesenter (1), Ifriam Claasen, slot (1), Conrey Matico, slot (2), Claudio Ntozini, haker (1) en Jonathan Nomdo, plaasvervanger (1). Doelskoppe - Keanen Tarentaal, losskakel (7).
Black Birds: Drieë - Darren Adriaanse, flank (2), Donovan Jacobs, agsteman (1), Leighton Lewack, skrumskakel (1) en Johannes Snyman, plaasvervanger (1).
Doelskoppe: Enrico Oosthuizen, losskakel (4).
Rangers se B-span wen met 40-8 nadat hulle met rustyd met 14-8 voor was.
Puntemakers B-spanne
Rangers: Drieë - Kale-Lee Duitser, binnesenter (1), Enslin Smith, linkervleuel (1), Conroy Saayman, skrumskakel (1), Quinton September, agsteman (1), Cullen Joseph, plaasvervanger (1), asook 'n strafdrie. Doelskoppe - Elroy Buis, losskakel (4).
Black Birds: Drieë: Mikolvin Dulman, regtervleuel (1). Strafskoppe: Evano Coetzee, skrumskakel (1).
Lees 'n vorige artikel: Rangers wen met gemak
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'