ALBERTINIA NUUS - Rangers-rugbyklub se vure brand hoog na hulle Saterdag, 4 Junie die All Blacks van Oudtshoorn met 28-23 op hul tuisveld gewen het.
Dit was 'n harde wedstryd wat enige kant toe kon gaan en het die toeskouers aan die raai gehou oor wie as oorwinnaars van die veld sou draf.
Vir die tuisspan was dit 'n belangrike wedstryd om deur te haak, omdat hulle hul vorige wedstryd teen Riversdal Blues verloor het.
Met 'n wen sou hulle ondersteuners sien dat hulle wel krag en diepte het om 'n span soos die All Blacks te verslaan.
Die besoekers was lus vir hardlooprugby en die wedstryd het op 'n hoë noot afgeskop. Rangers moes die eerste 15 minute keer vir al wat dit werd was, maar die streeptruie het kalm gebly en die bal vinnig na hulle agterlyn versprei, wat suksesvol was.
Drie pragdrieë het hieruit voortgespruit, wat die besoekers onder druk geplaas het. Laasgenoemde kon net nie Rangers se pas hanteer nie en moes tweede viool speel.
Rangers se B-span, wat tot dusver nog onoorwonne is het weereeens bewys dat hulle 'n span is om mee rekening gehou. Hulle wen met 26-22 en verdien ook 'n bonuspunt.
Die span se verdediging en balverspreiding was in 'n klas van sy eie. Hulle speel elke wedstryd asof 'n eindstryd.
Punte
- A-span: Enslin Smith (1x3) en Angelo Uithaler (2x3);
- B-span: Junior Pietersen en Steven Kannemeyer slaag elkeen met 'n strafdrie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'