Hierdie jaar is 35-jaar van Stilbaai Touchies herdenk met ‘n groot aantal bekende gesigte, waaronder die oud springbok rugbyspeler, Rob Louw. Hierdie jaar het 40 spanne uitgedraf op die strand en het die dag sonder insident verloop. Alexa Zaprianos van George is gekroon as Mej Touchies 2013.
Die ope- toernooi is gewen deur die ‘New Born Rebels’ wat nou outomaties kwalifiseer vir 2014 se Pro toernooi nadat hulle drie ope toernooie in die seisoen gewen het. Die o.15 afdeling is gewen deur die ‘Rangers’ en die ‘Plaat’-toernooi deur die ‘Daai Span’.

Die Living Legends vier hul oorwinning oor die ‘Reds’ in Stilbaai. Foto: Stephen Williams.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'