HESSEQUA NUUS - Die opgraderingswerk aan beide Melkhoutfontein en Slangrivier se sportstadions is bykans voltooi, wat beteken dat al die dorpe in die streek met 'n rugbyklub, nou oor ordentlike fasiliteite by hulle sportgronde spog.
Wat wedstryde betref, sal die gemeenskap heel moontlik tot volgende jaar moet wag omdat ondersteuners nog nie by wedstryde toegelaat word nie.
Die SWD rugbyvoetbalunie het die liga opgeskort tot toeskouers wedstryde mag bywoon.
Klubs mag egter oefen indien hulle al die nodige regulasies en voorsorgmaatreëls nakom.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'