Gallery Update Video
STILBAAI RUGBY NUUS - Seagulls-rugbyklub van Melkhoutfontein se tweede vriendskaplike wedstryd van die jaar het Saterdag 2 Maart onder luide aanmoediging van die waarderende toeskouers op hul tuisveld plaasgevind.
Hulle opponente was die Garden Route-rugbyklub van Mosselbaai.
Aan geesdrif op die veld het dit ook nie ontbreek nie en gemoedere het hier en daar hoog geloop.
Die A-span se telling was 5-12 in die besoekers se guns, terwyl Seagulls se B-span met 19-5 met hulle opponente afgereken het.
Die tuisspanne se punte is aangeteken deur Henrico Saayman, wat drieë gedruk het vir beide die A- en B-spanne, asook drieë deur Reagan Riddles en Nathan Buys. Riddles se skopskoen het vir die ander punte gesorg.
Seagulls se afrigter, Duane Deutschen is weereens baie tevrede met sy spanne se vertonings. Volgens hom is heelwat jong spelers op die dag kans gegee om te speel en die telling is nie die belangrikste nie. Hy het reeds 'n goeie idee hoe sy ligaspan sal lyk, sê hy. Die Presidentsligawedstryde begin op 6 April. Seagulls se volgende wedstryd is die vriendskaplike tuiskragmeting teen Heidelberg op 9 Maart.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Seagulls warm op vir seisoen
'Ons bring jou die nuustse Melkhoutfontein, Hessequa nuus'