Hulle het hul eerste wedstryd teen die OP-span gewen met 21-7 en daarna met 31-12 teen Namibië koning gekraai.
In die derde wedstryd teen die Luiperds het die SWD-span met 17-14 gewen en moes die span die volgende dag teen Boland in die kwarteindronde speel.
Hulle klop Boland met 15-14, nadat SWD 'n vasskop op hul eie doellyn haak in die laaste minuut en van daar af 'n drie gaan druk.
Die semi-finaal teen die Luiperds word met 47-0 gewen, waarna hulle in die finaal teen die gedugte span van die WP met 24-31 verloor.
Die Oakdalers in die span was JT Jackson, Armand Heunis, Daniël Maree en Boeta Hamman. Bertie de Bod is op 'n laat stadium ingesluit.
"Die Oakdalers het verseker 'n groot bydrae gelewer tot die sukses van die span. Baie geluk ook aan Lukas Holtzhausen wat as hulpafrigter opgetree het," het André Latsky, skoolhoof gesê.
SWD sewesspanlede van Oakdale met Lukas Holtzhausen (hulpafrigter, heel links), Bertie de Bod, Daniël Maree, Armand Heunis, Boeta Hamman en JT Jackson (van links).
'Ons bring jou die nutuste Riversdal, Hessequa nuus'