Die Hoër Landbouskool Oakdale neem vanjaar met sewentien rugbyspanne deel teen die groot skole in die land. Die skool speel vanjaar teen verskeie groot skole waartydens al sewentien spanne wedstryde sal speel.
Die wedstrydprogram vir vanjaar lyk as volg.
- 27 - 30 April: Wildeklawer-Rugbytoernooi (Kimberley);
- 12 Mei: HTS Daniël Pienaar (tuis);
- 19 Mei: Paul Roos (tuis);
- 26 Mei: Outeniqua (tuis);
- 2 Junie: Paarl Gimnasium (tuis);
- 9 Junie: SWD vs EP (Port Elizabeth);
- 16 Junie: Suidelike Bonde Toernooi (OP, WP, Boland, SWD);
- 1-5 Julie: Akademie- en Grant Khomo-week (Boland & Lions);
- 8-14 Julie: Cravenweek (Port Elizabeth);
- 21 Julie: Paarl Boishaai (weg);
- 28 Julie: Interskole Marlow (tuis);
- 4 Augustus: Hoërskool Punt en York High (tuis);
- 10 Augustus: Framesby (weg);
- 16 Augustus: Interskole Boland Landbou (weg).
Afgesien van die rugby word groot getalle leerders ook by ander sportsoorte betrek.
Muurbal - 8 spanne; Tennis - 8 spanne; Toutrek - 8 spanne; Krieket - 5 spanne; Gholf - 2 spanne; Atletiek - 1 span; Swem - 1 span; Jeugskou - 1 span. Vanjaar word maksimale betrokkenheid ook by kultuuraktiwiteite bevorder en is vier debatsspanne ingeskryf vir die ATKV-Debatskompetisie.
Een ding is seker, Oakdale bied vormsgeleenthede aan elke leerder in die skool. Deelname is essensieel. Afrigting is 'n gegewe.