RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Framesby van Port Elizabeth het die naweek van 18 en 19 Augustus in drie sportsoorte teen die Hoër Landbouskool Oakdale meegeding.
Oakdale se eerste muurbalspan wen 12-0, terwyl die Oakdale-gholfspan met 308 teen 293 oor Framesby geseëvier het. Uit die 11 rugbywedstryde, het Oakdale in tien wedstryde as oorwinnaars van die veld gestap.
Die uitslae lyk as volg: o.14A: 98-0 (Oakdale), o.14B: 54-0 (Oakdale), o.15A: 28-7 (Oakdale), o.15B: 13-7 (Oakdale), o.15C: 33-0 (Oakdale), o 16A: 19-7 (Oakdale), o.16B: 57-0 (Oakdale), o.19A: 24-17 (Oakdale), o.19B: 14-23 (Framesby) en o.19C: 66-10 (Oakdale).
Puntemakers o.19A: Drieë: Clyde Lewis (10), Dániel van der Berg (5), Magnus Muller (3) en Hannes Gous (6). Doelskoppe: Lian du Toit (9) x 2.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'