HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het onlangs ‘n welkome kontantskenking van R5000 vanaf Derick Petersen, bekende opvoeder en voormalige uitblinker-rugbyspeler, ontvang.
Petersen, ‘n boorling van Slangrivier, se familietrust het besluit om dié spogrugbyklub van Heidelberg en Hessequa finansiël te ondersteun om hulle verder aan te spoor om nog beter te vaar as verlede seisoen.
Petersen, wat nou in George bly, beywer homself om sport, maar veral rugby, oor die breë Suid-Kaap te bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’