Kairos het egter teen Bertrams Senior Sekondêre skool van Port Elizabeth met 8-6 vasgeval.
Die vorige aand het hulle hul truie in ontvangs geneem, waartydens hul toegespreek is deur Amy Pick (hul heel eerste afrigter by De Waalville Primêr), Lindon Hartnick (voormalige oud-leerder van Kairos en huidige SWD flank), Dawid Meyers ( hul afrigter en onderwyser), Mark Nicholls (beheerliggaam voorsitter), Tom Pretorius (KOG voorsitter), asook mede-afrigters Roger Williams en Gerjoh Kouter, spelers van die plaaslike rugbyklub in die Duivenhoks Gemeenskapsaal.

Die groep rugbyspelers van Kairos en ander belanghebbendes tydens die oorhandiging van hul truie.