HESSEQUA RUGBYNUUS - Hoërskool Albertinia se o.19A-rugbyspan het Dinsdag 15 Augustus 'n gemengde Heidelberg-span in Albertinia met 19-7 geklop.
Albertinia was die beste span op die dag en het uitgeblink met veral briljante hardloopwerk agterlangs.
Die tuisspan Albertinia het alles volgens die boek gedoen en binne 10 minute hul eerste drie gedruk en het Heidelberg nooit toegelaat om hul neus voor te kry nie..
Fotograaf Heinrich Fortuin het vir Suid-Kaap Forum die aksie op kamera vasgelê.
Bronwyn Buis (Hoërskool Albertinia) op pad na sy drie teen Hoërskool Heidelberg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’