STILBAAI NUUS - Die huidige puntestand in die SWD Rugby Unie se Eersteliga A-afdeling wys dat drie Hessequa spanne gelyk bo-aan die punteleer is met 20 punte elk.
As punteverskil in ag geneem word lê Riversdal Blues eerste, Seagulls tweede en Albertinia Rangers derde.
Riversdal en Albertinia het egter een wedstryd elk meer gespeel as Seagulls en teoreties kan Seagulls dus na Saterdag se wedstryde die eerste plek beklee, maar mens span nou maar eenmaal nie die wa voor die osse in nie.
Sterkte aan hierdie drie spanne met die naweek se wedstryde en mag julle almal as wenners uit die stryd tree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’