Die doel van die toernooi is om rugby as sport te ontwikkel en jeugmisdaad hok te slaan. Laerskoolleerders sal die geleentheid gebied word om klinieke by te woon en rugby afrigting te ontvang. Daar sal direk met skole in hierdie verband geskakel word.
Fondse sal genereer word tydens die toernooi om rugbyklubs se finansiële laste te verminder en onderlinge samewerking tussen hulle en die gemeenskap te bewerkstellig. Tydens die toernooi en selfs tydens die finale sal 'n Hessequa gekombineerde span gekies word om teen 'n premierliga klub mee te ding.
Program:
- Wedstryde begin elke Saterdag om 12:00 en vind plaas op die onderskeie sportgronde van Hessequa munisipaliteit soos hieronder aangedui.
- Albertinia Sportgronde (Theronsville), 9 Februarie: Albertinia teen Riversdal Dorp.
- Seagulls teen Heidelberg (A en B spanne).
- Heidelberg Sportgronde (Dorpsveld), 16 Februarie: Riversdal Dorp teen Seagulls.
- Albertinia teen Heidelberg.
- Stilbaai (Melkhoutfontein Sportgronde), 23 Februarie: Albertinia teen Seagulls.
- Riversdal Dorp teen Heidelberg.
- Riversdal (Dorpsveld by Steg), 2 Maart: Finale.
- Riversdale/Riverville, 9 Maart:
- Hessequa Gekombineerde Span teen Mosselbaai Barbarians.
Alle besighede en rugbyliefhebbers word uitgenooi om die toernooi te ondersteun. Vir verdere inligting kontak mnr. N. Juta by 076 770 2273 of 028 713 1370.