Die rustydtelling was 26-9.
Hoewel die tuisspan die wedstryd goed afgeskop het deur met mening aan te val én te verdedig, het hulle gefaal om die momentum te behou en letterlik fokus verloor. Sodoende het hulle hul opponente baie ruimte gegee om terug in die spel te kom. Die tuisspan het groot verbetering in die lynstane getoon, maar hulle sal egter meer gefokus moet wees teen meer strawwe kompetisie in hul laaste paar wedstryde om aan hul doelwit te voldoen.
Uitblinker!
Die groot uitblinker vir die tuisspan was ongetwyfeld die jeugdige haker, Jaques Thyse wat in alle fasette van die spel meer as sy deel gedoen het. Vir die besoekers het André Pretorius (nr. 8) sy hart uitgespeel. Vir die tuisspan se ondersteuners was die dag die moeite werd omdat die tweede span ook hul wedstryd met 27-3 gewen het. Die rustydtelling was 15-3.

Riversdal Dorp rugbyklub se eerste span. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'