Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Plaaslike rugbyspelers het Saterdag 25 November erkenning vir uitmuntende spel die afgelope seisoen tydens hul jaareindfunksie gekry.
Ander toekennings is ook gemaak.
Die klub het ’n suksesvolle seisoen beleef waartydens beide hul spanne die eindronde op Outeniqua Park gewen en sodoende promosie tot die SWDRU Premierliga verseker het.
Alex Marshall, 'n bekende in atletiekkringe bygewoon het as gasspreker opgetree. Hy het tydens sy kort toespraak gesê dat die dorp ’n ryk rugbygeskiedenis het en dat die destydse Young Stars-rugbyklub menige bekers verower het.
Volgens Marshall het hulle destyds vir die SWDRU silwer trofee meegeding, wat vandag gelykstaande is aan die SARU Gold Cup kompetisie vir klubs.
Hy het benadruk dat die klub na ’n tydperk van 10 jaar weer ’n bloeitydperk beleef met baie belowende spelers in hul midde.
Verskeie spelers is vir hul uitstaande prestasies gedurende die seisoen vereer en erkenning is aan 18 spelers gegee wat 10 jaar gelede die Presidentsligabeker verower het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'