HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het tydens hul algemene jaarvergadering by Kairos SSS se skoolsaal hul nuwe bestuur, vir die volgende twee jaar, gekies.
Die verkiesing is deur Julian Buis, voormalige voorsitter en 'n bestuurslid van die SWD-rugbyunie gefasiliteer.
Hein Vollenhoven, wat as voorsitter waargeneem het, is as voorsitter verkies.
Die ander bestuurslede is Wilmark Amsterdam (onder-voorsitter), Jacob Solomons (sekretaris), Agnes Wewers (assistent-sekretaris), David Amsterdam (wedstrydsekretaris), Anvar Jacobs (tesourier), Fernell Pretorius (klubkaptein), Brian Roberts, Kobus Kona en Thomas Meyers (addisionele lede).
Ds Moses Baartman (ere-president) dien ex-officio in die bestuur.
Vollenhoven het tydens sy kort toespraak die spelers en lede teenwoordig hartlik bedank vir hul volgehoue vertroue in hom om hulle te lei en het onderneem om weereens sy volle ondersteuning aan die klub te verleen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’