HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het gister (Saterdag 17 Mei) finaal die juk afgeskud wat oor hul gehang het om 'n tuiswedstryd teen hul medekampioene, Groot-Brakrivier, te wen deur dié taai kragmeting met 32-24 te beklink.
Die tuisspan het met rustyd met 13-3 voorgeloop in hul vyfde SWDRU Superliga A-wedstryd.
Heibi het vier drieë teenoor die besoekers se drie ingeryg om aan hulle 'n welverdiende bonuspunt in dié klipharde dog rillerstryd te verseker.
In die twee voorwedstryde het Heibi gemengde welslae gehad met die C-span wat met 21-8 die knie moes buig nadat hulle met rustyd met 10-3 agter was.
Die B-span het egter met 35-7 koning gekraai nadat hulle met 15-7 gedraai het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’