MOSSELBAAI NUUS - Heidelberg het die afgelope Saterdag (Mei 24) sy wegwedstryd teen die sterk span Barbarians verras en met 33-26 geseëvier.
Barbarians het met rustyd met 20 - 6 voorgeloop in die sesde wedstryd van die SWDRU Superliga A en dit het gelyk of die besoekers 'n groot loesing op die lyf sou loop.
Heidelberg het vyf drieë teenoor hul gasheerspan se twee drieë ingeryg om hulle weereens van 'n waardevolle bonuspunt te verseker.
In die twee voorafgaande wedstryde het die tuisspan se C-span met 18-10 gewen, nadat hulle rustyd met 15-10 voorgeloop het, terwyl hul B-span ook met 17-12 gewen het nadat hulle rustyd met 7-3 agter was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’