HEIDELBERG NUU - Heidelberg het die blou trein van George verlede Saterdag op sy tuisveld net anderkant Riversdal in sy spore gestuit.
Heibi het dié Super A-ligawedstryd teen Progress met 27 - 18 gewen. Die tuisspan het mooi as 'n eenheid saamgespeel en in die proses 'n paar pragtige drieë gedruk.
Heibi se stewige stut Marcelino Manho het 'n barshou gespel en veral beïndruk met sy kraglopies.
Maar op die ou einde was dit 'n sterk spanpoging tussen voor- en agterspelers wat aan Heibi die belangrike oorwinning besorg het.
Heinrich Fortuin van Suid-Kaap Forum het die kookwaterrugby op kamera vasgelê.
Marcelino Manho stamp 'n verdediger af terwyl hy vorentoe beur met die bal. Hy het 'n barshou gespeel.
Corbin Swartbooi van Heibi sool die bal pale toe.
Jason Liebenberg word kort voor die doellyn platgetrek.
Marcelino Meyer (met bal) sny deur 'n gaping.
Francois Pieters sterk op pad doellyn toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’