Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike rugbyklub het Saterdag 14 April met hul derde agtereenvolgende oorwinning ‘n duidelike boodskap na hul teenstanders in die SWDRU Premierliga gestuur dat hul seges tot dusver geen gelukskoot was nie.
Heidelberg het diê tuiswedstryd met ’n bonuspunt gewen toe hulle met Crusaders van George met 27-23 afgereken het nadat hulle rustyd met 13-5 agter was.
Die besoekers het wel vir Heibi harde bene in die skrums laat kou met hul veel swaarder agttal.
Goeie verdediging was van die kenmerke van die taai stryd.
Heibi kan tevrede voel met hul vertoning, hoewel veral aan hul lynstane gewerk moet word. Te veel balle is op hul eie ingooi verloor.
Heidelberg speel Saterdag in hul eerste wedstryd weg teen Bridgton van Oudtshoorn.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'