HEIDELBERG RUGBY NUUS - Fernell Pretorius en Fernholdt Buis het vir die derde jaar die universiteitspan gehaal wat vanaf 2 tot 6 Julie aan die Universiteit Sport van Suid-Afrika (USSA) toernooi deelgeneem het.
Die toernooi het vanjaar in Gauteng by die Universiteit Witwatersrand plaasgevind. Beide studente is by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus, asook staatmakers vir die plaaslike rugbyklub.
Verlede seisoen het hulle die universiteit tydens die Varsity Shield-toernooi verteenwoordig.
Pretorius is 'n veelsydige voorspeler, terwyl Buis self ook gemaklik is om in enige posisie in die agterlyn te speel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'