HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 27 April hul wegwedstryd teen Bridgton op Oudtshoorn met 29-27 gewen.
Hulle was rustyd met 22-10 voor.
Dié wen vir die besoekers is soete wraak vir verlede seisoen se twee wedstryde wat hulle teen Bridgton verloor het.
Melding moet van Heibi se jong skakelpaar, Rudy October (skrum) en Eslin Naudt (losskakel) gemaak word wat die wedstryd soos generale beheer het.
In die eerste wedstryd van die dag het Bridgton se derde span met 52-7 gewen nadat hulle rustyd met 24-0 voor was.
Heidelberg se tweede span het die bordjies verhang en met 18-15 gewen, nadat hulle rustyd met 15-5 voorgeloop het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'