HEIDELBERG RUGBY NUUS - Silver Stars van Rosemore se glans is Saterdag 25 Mei behoorlik deur Heidelberg-rugbyklub verdof toe hulle met 90-0 afgeransel is.
Die rustydtelling in die SWDRU Premierligawedstryd was 40-0 in Heibi se guns.
Heibi beklee nou die derde plek met 31 punte na nege wedstryde. Twee wedstryde van die eerste rondte moet nog gespeel word.
Marcelino Meyer, uithaler-flank het sy span se eerste punte met 'n drie in die tweede minuut gedruk. Hy het in totaal vyf drieë aangeteken, wat blyk 'n rekord vir die klub te wees.
Die tuisspan het 13 drieë, asook 'n strafdrie aangeteken. Die ander driedrukkers is Shirgené Swartbooi (3), Anrich Manho (2), Gershom van Rooyen (2) en Lindon Hartnick (kaptein, 1). Corbin Swartbooi het met ses doelskoppe geslaag, terwyl Shirgené Swartbooi, Manho en Eslin Naudt elk een drie verdoel het.
Die derde span het met 36-13 gewen nadat hulle rustyd met 12-8 voorgeloop het. Eslin Pietersen en David Vaaltyn het elk twee drieë gedruk, terwyl Herschelle Pieters en Veandré Carelse elk een drie gedruk het. Carelse het met drie doelskoppe geslaag.
Vir Silverstars het Dylan Kortjé en Neil Witbooi elk 'n drie gedruk, terwyl Lee-Gaylin Arends een strafskop bygevoeg het.
Die tweede span het met 71-5 gewen nadat hulle rustyd met 50-0 gedraai het.
Die driedrukkers is Daylin Manho (2), Roger Williams (2), Branville Human, Duanne du Plessis, Carlo Williams, Divan Meyer, Janico Pieters, Alwin Swanepoel en Deslin Roberts. Swanepoel het ses drieë verdoel, met Carlo Williams en Manho een elk.
Franklin October het Silver Stars se enigste punte met 'n drieë aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'