Gallery
RIVERSDAL NUUS - Om vir 'n groot deel van die tweede helfte naelskraap met 11 - 10 voor te loop in jou interskole-kragmeting teen jou 'aartsvyand', maar dan in die doodsnikke 'n drie af te staan om met 17 - 11 te verloor, is hartverskeurend.
Dit gaan sit nie sommer lig in enigeen se broek nie en die trane wat na die eindfluitjie uit Oakdale-spelers en hul ondersteuners se oë gerol het, is heel te verstane.
Dit vat 'n man om dit openlik te kan doen is ook beskrywend van die drama en spanning wat verlede Saterdag hier op De Eike afgespeel het.
Met hul oorwinning van 17 - 11 het Boland vergoed vir hul nederlaag op hul tuisbodem verlede jaar, maar dit was so hittete of Oakdale het dié een deurgehaak.
FOTOGALERY: Interskole-kragmeting op rugbyveld
Hanré Jubelius dop sy teenstander om met 'n plettervat. Foto's: Hugo Redelinghuys
Dat hulle met amper desperate verdediging hier teen die einde probeer walgooi het, was iets ysliks en Oakdale-ondersteuners het hulle staande ondersteun. Maar toe breek daai damwal.
Maar Oakdale kan hul koppe hoog hou. Hulle het enduit hul alles - en nog meer - gegee.
Kaptein Marco Steyn was te verstane gebroke. Hy't sy hart uitgespeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’