STILBAAI NUUS - Seagulls pak Harlequins Saterdag 3 Augustus op die Melkhoutfontein Sportgronde en dit behoort vir pragrugby te sorg.
Die tuisspan se stertvere is behoorlik in die lug na goeie oorwinnings teen die sterk spanne van Uniondale, Riversdal Blues en Albertinia Rangers en hulle sal verseker die momentum wil behou teen Harlequins van Oudtshoorn.
Die eerste wedstryd begin alreeds Saterdagmiddag eenuur en al die ondersteuners word opgekommandeer om die pawiljoen en Melkhoutfontein te laat dreun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’